Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Mmusi Maimane en kie nader hof oor beurtkrag

20 Maart 2023

Mmusi Maimane, die leier van die Build One South Africa politieke organisasie (BOSA) sê hy sal seker maak dat die land se ligte aangeskakel word én aanbly omdat elke Suid-Afrikaner die reg het tot basiese dienste.

BOSA en verskeie ander partye insluitend die UDM, IVP en ActionSA se saak word vandag virtueel in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor oor wat hulle noem die regering se georkestreerde kragkrisis.

Hulle eis onder meer die onmiddelike beëindiging van beurtkrag by skole, hospitale, polisiestasies, waterdienste en kommunikasie-infrastruktuur. Dit kom te midde van beurtkrag wat vir die eerste keer in maande tydelik opgeskort is.

Maimane sê verder dat elke mens die reg het tot ‘n werk, maar dit is slegs moontlik as daar elektrisiteit in die land is.

Die advokaat wat BOSA se saak lei, advokaat Tembeka Ngcukaitobi sê hierdie is een van die belangrikste menseregte-hofsake in die geskiedenis van die land.

Eskom het vroeër aangekondig dat beurtkrag tot môremiddag, 21 Maart opgeskort word omdat die vraag na krag laer is as wat hulle verwag het.

https://twitter.com/BuildOneSA/status/1637761895674310659

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende