6 Augustus 2021
Die voormalige minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize het in sy bedankingsbrief aangevoer dat die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) se verslag oor die Digital Vibes skandaal hom benadeel het.
Hy voer ook aan dat die SOE hom nie die kans gegun het om sy kant van die saak te stel nie. Volgens hom gaan hy nou die hooggeregshof nader met ’n aansoek om die SOE-verslag te laat hersien.
LEES OOK: MINISTER MKHIZE DAAG NIÉ OP OM TERUGVOER TE GEE OOR OMSTREDE KONTRAK NIE
President Cyril Ramaphosa het gisteraand bevestig dat hy Mkhize se bedanking aanvaar het en dat sy adjunk, dr. Joe Phaahla by hom gaan oorneem.
Intussen voer die VF Plus in ‘n verklaring aan dat die druk wat die party die afgelope ruk op Mkhize geplaas het om voor die parlement verantwoording te doen oor sy betrokkenheid by Digital Vibes, het volgens hul bygedra tot sy bedanking.
LEES OOK: ZWELI MKHIZE SE SEUN ONTVANG GLO ‘N BAKKIE BY OMSTREDE MAATSKAPPY
Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor gesondheid, Philip van Staden sê die party sal egter steeds daarop ingestel wees om te verseker dat Mkhize wél verantwoordelik gehou word vir sy betrokkenheid by die skandaal.
Hou Afrikaans op die lug