17 Januarie 2025
Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, het vroeër vandag bevestig dat dr. Thanti Mthanti ná minder as twee maande as die tesourier-generaal van die party bedank het.
Mthanti het sedert 2 Desember in die pos gedien.
Volgens Ndhlela is die besluit om afstand van die pos te doen geneem ná deeglike oorweging en met inagneming van sy persoonlike en professionele verpligtinge.
Die leier van die party, Jacob Zuma het die bedanking aanvaar terwyl dit onmiddellik van krag is.
Mthanthi het in verskillende rolle gedien en was onder meer die sameroeper van afvaardigings van die nasionale opperbevel na die Wes-Kaap en voorsitter van die kommunikasie-subkomitee.