MK mag aan verkiesing deelneem


Luister nou

Volgende

MK mag aan verkiesing deelneem

Oudpresident Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe-party mag op 29 Mei aan die verkiesing deelneem. 

Twee regters het bevind dat die party se registrasie regmatig plaasgevind het.

Die ANC het aangevoer dat die MK-party gederegistreer moet word by die Onafhanklike Verkiesingskommissie en verbied word om aan die komende verkiesing deel te neem. 

Volgens die ANC is MK se oorspronklike aansoek vir registrasie van die hand gewys omdat dit nie aan artikel 15 van die kieswet voldoen het nie. 

Advokaat Sesi Baloyi het namens die ANC aangevoer dat die MK-party veronderstel was om daarna `n nuwe aansoek by die OVK in te dien en nie `n aanvullende aansoek soos hulle het nie. 

Regter Lebogang Modiba het in die uitspraak gesê dat die ANC twee geleenthede gehad het om appél aan te teken teen MK se registrasie by die OVK maar dit nie gedoen het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding

350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak

weskoppies

Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

eikenhof

AfriForum Jeug bring PAIA-aansoek oor NWU se ondersoek ná beweerde “sangoma-ritueel”

ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX

Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word

Untitled design (1)

Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel
GqNVwjBWcAANx_z
“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister
GqVSQ0XXsAEMZ2w
Spanning tussen Indië en Pakistan loop hoog
Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding
350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak
weskoppies
Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

MK mag aan verkiesing deelneem


Luister nou

Volgende