Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Misdaadstatistiek: Cele erken dat min mense die polisie vertrou

16 Februarie

Die moordsyfer vir die laaste drie maande van verlede jaar is ‘n kort ruk gelede deur die minister van polisie, Bheki Cele bekend gemaak.

Volgens dié data het die moordsyfer landswyd met 2,1% gestyg in vergelyking met die drie maande voor 1 Oktober. Dit beteken dat 155 méér mense tussen 1 Oktober en 31 Desember 2023 vermoor is.

Daar was volgens Cele wel ‘n afname wat die hoeveelheid moorde betref in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Vrystaat. 22 mense is op plase vermoor, waarvan drie boere, een plaaswerkers, 16 mense wat op die plaas gewoon het en twee besoekers.

Volgens Cele is 4 882 mense in die betrokke tydperk vir moord in hegtenis geneem, terwyl nagenoeg 3 700 mense vas is vir poging tot moord.

Cele het tydens die bekendmaking erken dat landsburgers min vertroue in die polisie het. Hy meen hy besef dat daar baie “vrot appels” is, maar dat daar ook duisende polisiebeampte is wat hulle baie goed van hulle taak kwyt.

‘n Tikkie goeie nuus is dat daar nie meer ‘n agterstand in die hoeveelheid DNS-toetse is nie. Daar was in ‘n stadium meer as 150 000 agterstallige DNS toetse. Daar was verder ook ‘n afname in die hoeveelheid transitorooftogte. 46 transitorooftogte is aangemeld, dus het dit met elf voorvalle afgeneem.

Wat eiendomsverwante misdade betref was daar ‘n afname van 2,9%, insluitend die hoeveelheid inbrake by wonings.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende