13 Maart 2024
Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê die toenemende voorkoms van misdaad by kerke – waartydens gemeentelede in sekere gevalle selfs tydens die diens aangeval en beroof word – het dié beweging genoodsaak om ‘n assesseringsdokument vry te stel wat kan dien as riglyn om veiligheid by kerke te verskerp.
Volgens die woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid by dié beweging, Jacques Broodryk, beskou rowers dikwels kerke as ‘n sagte teiken.
Hy sê meer as 1 500 gemeentes in Gauteng het verlede jaar die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, hieroor genader.
AfriForum sê met hierdie handleiding wil hy kerke bemagtig om voorkomend op te tree deur ’n oudit te doen van die veiligheid van die kerk en sy lidmate, en deur maatreëls gereed te hê om die veiligheid van lidmate in kerke te verbeter.
Die assesseringsdokument is gratis beskikbaar terwyl AfriForum gemeentes uitnooi om met hulle kontak te maak en om by die plaaslike buurtwag betrokke te raak.