21 Julie 2023
Die Grondwethof het die Motorbedryf Personeelvereniging, MISA verlof tot appèl toegestaan in ‘n saak oor die beginsel van voortgesette indiensneming ná die wettige aftree-ouderdom.
Volgens MISA misbruik sommige werkgewers in die motorbedryf die aftreeouderdom en laat werknemers soms toe om langer te werk as wat hulle moet, maar dwing hulle dan om af te tree wanneer dit die werkgewer pas.
In Suid-Afrika beskerm Die Wet op Ouer Persone van 2006 vroue ouer as 60 en mans ouer as 65.
MISA se Hoof Uitvoerende Beampte in die bedryfsafdeling, Martlé Keyter sê MISA glo dat hierdie wet ook mense moet beskerm wat aanhou werk selfs al is hulle verby hulle aftree-ouderdom. Sy sê die Union the Labour Appeal Court (LAC) maak ‘n groot fout deur aftrede te wil vergelyk met werkloosheid in Suid-Afrika.
“Hierdie is twee verskillende kwessies.” Sy sê deur mense langer te laat werk as wat die wet bepaal, beteken nie dat werkloosheid onder die loep geneem word nie.
Die LAC het verlede jaar beslis dat dit toelaatbaar is om ‘n persoon af te dank nadat hy/sy die wettige aftree-ouderdom verbygesteek het sodat die werkgewer jonger mense kan aanstel, veral in Suid-Afrika waar werkloosheid onder die jeug 32,9% is.
Die saak het gekom toe ‘n MISA-lid, Willem Landban aanhou werk het by die Great South Autobody nadat hy 60 jaar oud geword het. Keyter sê sy werkgewer het hom nege maande later ingelig dat hy afgedank word omdat hy ouer as 60 is.
“Dit was volgens ons egter nie toelaatbaar nie omdat ‘n nuwe kontrak tussen Landman en die werkgewer bereik is toe hy 60 jaar oud geword het, en steeds aanhou werk het.”
