24 September 2023
Minstens 20 huise het teen vroegmiddag op die Mabalingwe Natuurreservaat – buite Warmbad – in ligte laaie gestaan nadat ‘n brand gister op ‘n berg langs dié reservaat uitgebreek en daarheen versprei het.
Volgens ‘n VF Plus wyksraadslid, JD Cloete, was die brand teen vanmiddag nog nie onder beheer nie.
Die hele reservaat is ontruim en geen verlies aan menselewens of beserings is aangemeld nie.
Nagenoeg 200 brandbestryders – wat deur ‘n helikopter ondersteun word – was teen vanmiddag op die brandlyn besig om teen die vlamme te veg.