Minstens 20 mense is dood ná swaar reën oornag verwoesting in KwaZulu-Natal gesaai het.
Hoofpaaie in Durban en Umlazi is gesluit weens vloede en oorstromings wat deur die swaar reënneerslae veroorsaak is.

Die departement van basiese onderwys in Kwa-Zulu Natal sê hy het nog nie besluit om skole te sluit te midde van fratsvloede en swaar neerslae in die provinsie nie. Rampbestuurspanne het egter verskeie mense wat naby riviere bly aangeraai om die gebied te ontruim.