26 Augustus 2021
Minstens 13 mense, waaronder kinders, is dood en ongeveer 60 beseer in twee beweerde selfmoordbomontploffings buite die Kaboel-lughawe in Afghanistan.
Die BBC berig dat die sterftesyfer na verwagting nog verder kan styg.
Volgens plaaslike media was die eerste ontploffing in ‘n rioolkanaal by een van die lughawe se toegangshekke, terwyl die tweede ontploffing by die nabygeleë Baron-hotel plaasgevind het waar joernaliste en Britse troepe tuisgaan.
Sky News berig dat dit bitter moeilik was vir nooddienste om by die toneel uit te kom.
Vier Amerikaanse soldate is luidens berigte óf dood óf beseer. Die situasie by die Kaboel-lughawe is reeds ‘n geruime tyd gespanne nadat Amerikaanse soldate uit Afghanistan onttrek het en die Taliban oorgeneem het. Duisende Afghaanse-burgers probeer sedertdien om uit die land vlug.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
#Kabul_Airport
— Shishir (@shishir1986) August 26, 2021
Footage of a second explosion outside Kabul airport #Afganisthan #Kabul #Talibans #ISIS #Afganisthan #TalibanTerror #ISIS pic.twitter.com/nfJfCWJHv0
Hou Afrikaans op die lug