8 April 2022
Die minister van polisie Bheki Cele sal vandag weer die Diepsloot woonbuurt in die noorde van Johannesburg besoek.
Dit volg na die dood van die Zimabwiese burger Elvis Nyathi, wat deur ‘n groep mense aan die brand gesteek en met stokke geslaan is. ‘n Grafiese video – waarin Nyathi na bewering aangerand word, is wyd op sosiale media versprei.
Sy dood volg na die polisie vroeër die week meer hulpbronne na Diepsloot ontplooi het, om geweld en misdaad te bekamp.
Die polisie sal saam met amptenare van die departement van binnelandse sake, asook die minister, dr. Aaron Motsoaledi Diepsloot besoek om mense se paspoorte en werksvisums na te gaan.
https://twitter.com/Our_DA/status/1512082749380726786