22 Julie 2021
Die waarnemende minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni het enkele minute terug (17:00) op ‘n mediakonferensie bevestig dat oud-president Jacob Zuma weer terug is in die Estcourt tronk.
Dit nadat hy vanoggend op deernisverlof “vrygelaat” is om sy jonger broer, Michael se begrafnis by Nkandla by te woon.

LEES OOK: ZUMA DEERNISVERLOF TOEGESTAAN
Michael is op 11 Julie na ‘n lang siekbed dood.
Ntshaveni het tydens die mediakonferensie gesê dat korrektiewe beamptes en wetstoepassers Zuma na die begrafnis vergesel het.
Intussen het die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala die departement van korrektiewe dienste bedank vir die feit dat hulle Zuma se aansoek om deernisverlof goedgekeur het. Volgens hom gaan dit onder die omstandighede goed met die oud-president.
Hou Afrikaans op die lug