8 Junie 2021
Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize het om verskoning gevra vir die ontwrigting, wat die omstrede Digital Vibes-kontrak in die land se stryd teen die Covid-19-virus moontlik kon veroorsaak het.
Die nadat Mkhize ‘n kort ruk gelede gevra het dat president Cyril Ramaphosa hom met spesiale verlof moet plaas hangende die ondersoek. Teen 15:00 vanmiddag het die president nog nie ‘n besluit oor Mkhize se versoek geneem nie.
LEES OOK: MINISTER MKHIZE DAAG NIÉ OP OM TERUGVOER TE GEE OOR OMSTREDE KONTRAK NIE
Die Digital Vibes-maatskappy het glo R150-miljoen ontvang om Mkhize se media-verpligtinge te organiseer. Hy hou egter vol dat hy nié by die kontrak gebaat het nie. Sedertdien eis talle rolspelers Mkhize se bedanking.
Volgens Mkhize het dié negatiewe diskoers nie net ‘n invloed op homself nie, maar ook op sy familie.
Hy is tans in Kimberley, waar hy die media toegespreek het voordat hy inentingslokale in die Noord-Kaap besoek.