24 Maart 2022
Die minister van justisie Ronald Lamola is steeds vol vertroue dat die omstrede Gupta familie aan Suid-Afrika uitgelewer sal word.
Lamola het gisteraand tydens die jaarvergadering van die Regsvereniging van Suid Afrika gesê Interpol het reeds op versoek van die nasionale vervolgingsgesag sogenaamde rooi kennisgewings vir van die Guptas uitgereik.
Al die lande wat lid van Interpol is, is verplig om mense in hegtenis te neem vir wie rooi kennisgewings uitgereik is.
Die Guptas skuil na bewering in die Verenigde Arabiese Emirate.
Lamola sê hoewel die uitleweringsproses tydsaam is, glo hy steeds dat dit nog in sy leeftyd sal gebeur.