Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Minister veroorsaak verwarring oor die vervoer van drank tydens Paasnaweek

1 April 2021

Die minister van samewerkende regering en tradisionale sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou oor die aangepaste inperkingsregulasies, wat president Cyril Ramaphosa Dinsdagaand afgekondig het.

Die regulasies is aangepas met Paasnaweek wat voorlê en vrese dat die Covid-19-gevalle weer kan toeneem.

Luidens die regulasies sal drank nie vanaf môre tot Maandag in drankwinkels verkoop mag word nie. Dit sal wel by restaurante en kroeë toelaatbaar wees.

Sy het ook benadruk dat géén drank vervoer mag word nie en dat wetstoepassers motoriste sal aftrek om hulle motors vir enige drank te deursoek.

Volgens haar sal talle padblokkades vanaf middernag tot Maandag gehou word. Sy sê mense kan alkohol in kroeë gaan drink, maar dat dit daar moet bly.

Dit het egter ‘n verwarring veroorsaak omdat die regulasies wat Dinsdagnag in die Staatskoerant gepubliseer is, nié die vervoer van drank oor die Paasnaweek verbied nie.

Dit beteken die regulasie wat vervoer van drank wettig maak, soos in die Staatskoerant van 28 Februarie gepubliseer, behoort geldig te bly.

https://twitter.com/JoyleneVanWyk/status/1377547750275964932

Dlamini-Zuma het bevestig dat 250 mense  kerkdienste oor dié tyd kan bywoon as dit binnenshuis gebeur. 500 mense kan buitelig funksies bywoon. 

Sy het benadruk dat hierdie regulasies ná 15 dae hersien sal word om te sien of die infeksiesyfers steeds laag is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpIRgvQWUAAJIpG

DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor

Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,

Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Go6hdNIX0AAO0Ry

Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

Ander Nuus Artikels

GpIavQ2WsAAYfFl
EFF-lede betoog oor Orania
E
Die EFF sê “ryk mense moet belas word” eerder as ‘n BTW-verhoging
MK
“Bestaan van kultuurgemeenskappe soos Kleinfontein moet erken word”
GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende