Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Verbod op die vervoer van beeste bly in plek

31 Augustus 2022

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza het die verbod op die vervoer van beeste verleng.

Die verbod is twee weke gelede ingestel in ‘n poging om die uitbreking van bek-en-klouseer te stuit. Daar is uitbrekings in KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes, Gauteng, die Vrystaat en Mpumalanga, maar die verbod is landswyd ingestel.

LEES OOK: LUISTER: MINISTER PLAAS VERBOD OP DIE VERVOER VAN BEESTE TE MIDDE VAN BEK-EN-KLOUSEER

Didiza het vanoggend in ‘n verklaring gesê dat die verbod verleng is na nóg 11 gevalle van die siekte uitgebreek het. Volgens haar staan die totale gevalle nou op 127.

Die party se woordvoerder, Reggie Ngcobo sê die verlenging van die verbod sal na verwagting weer aan die einde van die week hersien word.

In reaksie op rolspelers in die landbou-bedryf se bekommernisse oor die verbod, het Ngcobo gesê dat die departement ook uiters bekommerd is oor die ekonomiese impak van die verbod op land, maar meen dit is nodig om aan die lang-termyn uitwerking van die virus op die bedryf te dink.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende