Minister van vervoer sal dringend aandag skenk aan onderbesteding


Luister nou

Volgende

Minister van vervoer sal dringend aandag skenk aan onderbesteding

16 Julie 2024

Die minister van vervoer, Barbara Creecy sê haar departement sal onmiddelik aandag skenk aan provinsiale departemente en afdelings wat nie hulle begrotings vir padherstelwerk  en -instandhouding spandeer nie.

Die minister het tydens haar begrotingsdebat in die parlement gesê onderbesteding – terwyl die land se paaie verval – is onaanvaarbaar.

Sy het ook benadruk dat daar in die volgende jaar baie klem op padveiligheid gelê sal word.

Creecy sê dat daar jaarliks meer as 10 000 noodlottige botsings is. Volgens haar bereken die Padverkeerbestuurskorporasie dat dit die land byna 3% van die bruto binnelandse produk kos.

Die adjunk-minister, Mkhuleko Hlengwa het tydens sy spreekbeurt gesê dat data wys dat 87% van padongelukke deur padgebruikers se gedrag veroorsaak word, en dat die departement daarop sal fokus om mense se gedrag agter die stuur te verander.

Hy sê verder sal aandag geskenk word aan die hoeveelheid voetgangers wat doodgery word, en motors wat onpadwaardig is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Minister van vervoer sal dringend aandag skenk aan onderbesteding


Luister nou

Volgende