15 Augustus 2022
Die minister van verdediging, Thandi Modise het vanoggend in Moskou in Rusland aangekom vir ‘n konferensie oor internasionale veiligheid.
Modise is genooi deur die Russiese minister van verdediging, generaal Shoigu. Volgens ‘n verklaring sal ministers in dieselfde amp van ander lande ook die konferensie bywoon.
Haar besoek kom te midde van verskeie internasionale sanksies teen Rusland, oor die land se inval van die Oekraine.
Modise het in ‘n verklaring gesê Suid Afrika is reg om met alle vredeliewende lande in die wêreld saam te werk, om wêreldvrede te bevorder.
https://twitter.com/MDNnewss/status/1559080094660018177