1 November 2022
Die minister van finansies, Enoch Godongwana het uitgevaar teen groenkrag-drukgroepe en omgewingsaktiviste, wat die regering se pogings om betroubare elektrisiteit te verskaf kniehalter.
Godongwana sê die kragkrisis gee hom nagmerries, en die groenes probeer elke kort termyn oplossing stuit. Hy het gister ‘n mediakonferensie gehou by die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci).
Volgens hom lê die oplossing in gas en kernkrag. Hy het weer gesê dat die regering Eskom se skuld van R400-miljard gaan oorneem, maar die voorwaarde is dat die kragvoorsiener belê in gas- en kernkrag.
Godongwana sê groenkrag is nie die oplossing nie, en bied nie genoeg elektrisiteit vir die land nie.
Hy sê omgewingsaktiviste verkies intussen om te vries in die donkerte eerder as om steenkool te verbrand.