Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Minister stel toepassing bekend om slaggate aan te meld

8 Augustus 2022

Die departement van vervoer en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) begin vandag met hul Vala Zonke slaggate-program.    

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula sê die program sal die manier waarop dienste gelewer word verander en meen dit sal die paaie herstel tot ‘n aanvaarbare toestand. Hy sê dieselfde program sal ook in ander provinsies deur die onderskeie premiers bekend gestel word. Dié program is vanoggend deur Mbalula op die R57 in Sasolburg bekend gestel.

Hy sê tydens ‘n besoek aan die N12 in Noordwes vroeër vanjaar het hy opnuut besef in watter haglike toestand die land se paaie is en meen die toestand van die paaie is ‘n groot hindernis in die land se ekonomiese groei.

Hy sê die program sal daarop fokus om te verhoed dat paaie verder agteruitgaan, deur veral te sorg dat slaggate herstel word sodra dit vorm omdat dit volgens hom die beste manier is om toe te sien dat paaie nie verder versleg nie.

Mbalula sê Sanral sal ‘n belangrike rol speel in die uitvoering van die program. “Ons land se motoriste gaan reeds baie jare gebuk onder die swak toestand van paaie, met talle munisipaliteite wat nie die mas kan opkom en paaie herstel nie, grootliks weens te min kapasiteit.”

As deel van die program is ‘n toepassing op die been gebring, wat motoriste sal toelaat om slaggate so gou moontlik aan te meld. Dié toepassing sal saam met Sanral se reeds bestaande slaggat-toepassing werk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende