27 Oktober 2021
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga het vanoggend die Noordwyk sekondêre skool in Midrand besoek om seker te maak dat alle nodige voorbereidings getref is vir die matriekeindeksamen wat vanoggend begin het.
Volgens haar is die departement so reg soos wat hul kan wees gegewe die moeilike jaar wat leerlinge moes deurmaak. Die premier van Gauteng, David Makhura en die LUR vir onderwys in die provinsie, Panyaza Lesufi het saam met die minister die skool besoek.
Motshekga meen 2021 se matrieks het die mees uitdagendste jaar gehad omdat hulle as graad 11’s verlede jaar eers in Julie teruggekeer het skool toe. Sy het ook aan leerlinge gesê dat hulle hard moet werk omdat dit deure vir hulle sal oopmaak.
Die laaste eksamenvraestel sal op 7 Desember geskryf word.
Stem vir die Aitsa’s