Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

“Minister se uitlatings oor moedertaalonderrig is net oëverblindery,” sê AfriForum

22 Mei 2024

AfriForum sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga se onlangse uitlatings oor die waarde van moedertaalonderrig en haar “departement se waardering vir Afrikaanse skole, is blote oëverblindery in aanloop tot die verkiesing.”

Dit kom nadat Motshekga in haar toespraak aan onderwysbelanghebbendes by die Motheo TVET-kollege in Bloemfontein gesê het dat haar departement nié Afrikaans as moeder- en onderrigtaal sal vernietig nie.

Die kommentaar kom te midde van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, en nou net deur president Cyril Ramaphosa onderteken moet word.

AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey meen die publiek is nie so naïef om Motshekga se sogenaamde versekering te glo nie.

Sy sê die minister self en ander ANC-politici se venynige aanvalle op Afrikaanse skole in die verlede, maak die ware stand van sake duidelik. Volgens Bailey verengels dubbel- en parallelmediumskole redelik vinnig in Suid-Afrika.

“Die departement maak gereeld nuwe planne bekend om meer tale as tale van onderrig te bemagtig, maar in die praktyk gebeur dit nie omdat die infrastruktuur, leermateriaal en politieke wil om dit prakties uit te voer, ontbreek.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende