2 Oktober 2023
Die burgerregteorganisasie AfriForum meen dat die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, met haar kommentaar oor die omstrede BELA-wet, weer haar en die ANC se ware kleure gewys het.
Die hoof van kultuursake by AfriForum, Alana Bailey se reaksie kom nadat Motshekga gister tydens ‘n mediakonferensie gesê het dat die regering verby die stadium is van toegewings maak aan beheerliggame net ter wille van vrede in die land.
LEES OOK: BELA-WETSONTWERP DEUR PORTEFEULJEKOMITEE GOEDGEKEUR
Volgens die minister sal ‘n regering met selfrespek nie toelaat dat skoolbeheerliggame sóveel beheer het oor taal, of die skool se toelatingsbeleid nie. Volgens Bailey het die regering en Motshekga se departement nie veel om op trots te wees nie.
LEES OOK: WAAR STAAN ONS NOU MET DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BASIESE ONDERWYSWETTE (ALIAS BELA)?
“Dieselfde beheerliggame en skoolgemeenskappe wat Motshekga slegsê, is diegene wat sorg dat die staat se skamele bydraes aangevul word sodat onderwysers in beheerliggaamposte aangestel kan word, behoeftige kinders ondersteun word, skoolterreine opgeknap en in stand gehou word en skole se ligte letterlik aan kan bly wanneer die staat nie munisipale diensterekeninge vereffen nie.”
Sy meen die regering wil duidelik nié mag deel nie.