“Minister se ingryping by Eskom en JHB-metro geskil is ‘n klad op Lesufi se naam”


Luister nou

Volgende

“Minister se ingryping by Eskom en JHB-metro geskil is ‘n klad op Lesufi se naam”

15 November 2024

AfriForum sê die minister van elektrisiteit, dr Kgosientsho Ramokgopa se ingryping by die Eskom-City Power-geskil vandeesweek is net nóg ’n bewys van Panyaza Lesufi se mislukking as premier van Gauteng.

Die bestuurder van plaaslikeregeringsake by AfriForum, Morné Mostert sê Ramokgopa se suksesvolle ingryping om die geskil op te los kom nadat Eskom gedreig het om kragtoevoer na Johannesburg af te sny weens agterstallige skuld.

Mostert meen die kwessie beklemtoon Lesufi se onvermoë om sy grondwetlike verpligtinge na te kom deur onder meer die implementering van hoofstuk 3 van die Grondwet te verseker.

Die stad se skuld beloop volgens Eskom tans reeds 4-komma-9-miljard-rand, met 1-komma-4-miljard hiervan wat teen die einde van November betaalbaar is.

Hy sê Lesufi se onvermoë om Gauteng se munisipaliteite, veral Johannesburg, te bestuur, is ’n ooglopende mislukking.

“Die feit dat ’n nasionale minister moes ingryp, is ’n klad teen Lesufi se naam en toon ’n ernstige gebrek aan verantwoordbaarheid,” sê Mostert.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

unnamed

Die Johannesburg-metro het ‘n nuwe speaker

masels2-1

Uitbreking van masels tref ook die Vrystaat

TSHWANE2

Tshwane-metro samel 98% van sy beoogde begroting in

AA1HNbdW

KYK: Sewe mense nog vermis na ontploffing in vuurwerke-pakhuis

Map,Of,South,Africa,With,A,Blue,Pushpin,Stuck

“Suid-Afrika ‘n oorblyfsel van kolonialisme, verander die naam na die Republiek van Azanië,” vra die ATM

Ander Nuus Artikels

The-South-African
Voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika sterf
Low,Section,Of,Elementary,Students,Sitting,In,Row,In,Classroom
Nuuskommentaar: Skoleveiligheid moet ook gemeenskap se fokus wees
element-1-780x470-1
Video met politici se gesigte op urinale veroorsaak herrie
unnamed
Die Johannesburg-metro het ‘n nuwe speaker
masels2-1
Uitbreking van masels tref ook die Vrystaat

“Minister se ingryping by Eskom en JHB-metro geskil is ‘n klad op Lesufi se naam”


Luister nou

Volgende