1 Augustus 2022
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni het tydens die ANC se beleidskonferensie gesê dat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die SAUK sy eie geskiedenis kanaal moet kry.
Volgens Ntshavheni sal die kanaal deels gefinansier kan word deur ‘n heffing wat die regering wil instel om televisie-lisensies te vervang.
Sy meen dit is onnodig om programme oor ander lande se geskiedenis te kyk wanneer die SAUK sy eie programme oor Suid-Afrika se geskiedenis kan vervaardig.
NtNtshavheni het verder voorgestel dat die SAUK ook ‘n gesondheids- en onderwyskanaal vervaardig. Sy sê dit is nodig om die voortbestaan van die SAUK te verseker omdat die land – volgens haar ‘n openbare uitsaaier nodig het.