Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Minister: “Riool in strate wit mense se skuld”

11 Junie 2021

Die VF Plus se lid van die provinsiale wetgewer in Noordwes, Fanie du Toit, sê dit is ‘n skande dat die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, ‘n “rasse-aanval” op wit mense gedoen het.

Volgens Du Toit het die minister tydens die departement se begrotingsdebat in die nasionale raad van provinsies gesê dat onverwerkte riool wat in strate afvloei en in watersisteme beland, wit mense se skuld is en dat hulle daarom nie daaroor kan kla nie. Sy het boonop geïmpliseer dat sy daarom geen simpatie het met wit mense wat hierdeur geraak word nie.

Dit het gevolg nadat die VF Plus haar daarop gewys het dat waterbesoedeling weens ʼn gebrek aan beplanning en kundigheid in onder meer munisipaliteite krisisafmetings aanneem en ʼn bedreiging vir die totale bevolking inhou.

Sisulu het voortgegaan en ook gesê dat die aanstelling en ontplooiing van Kubaanse ingenieurs ʼn grondwetlike verpligting is wat sy moet nakom.

Volgens Du Toit is die uitsprake aanstootlik omdat dit ook volg op ʼn erkenning van Susan Shabangu, voorsitter van die departement se tugkomitee, voor die parlementêre portefeuljekomitee dat die departement weens onreëlmatige tenders, korrupsie en bedrog ʼn enorme verlies van R31-miljard gely het.

Hy sê voorts dat Sisulu se aanval op witmense ‘n poging is om die aandag weg te lei van die wanbestuur, korrupsie en bedrog in haar departement.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende