Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Minister: Rekord van 1,5-miljoen mense in een week ingeënt

27 Augustus 2021

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla dat ‘n rekord van 1,5-miljoen mense in sewe dae ingeënt is.

Dit kom nadat die registrasie- en inentingsproses vir 18 tot 34 jariges verlede Vrydag geopen het en ongeveer 500 000 jong mense op die eerste dag geregistreer het. Phaahla het vanoggend die media toegespreek oor die regering se inentingsprogram.

LEES OOK: PRES. CYRIL RAMAPHOSA TROTS OP AANTAL JONG MENSE, WAT OPDAAG VIR INENTING

Tot dusver is meer as 11,6-miljoen Suid-Afrikaners ingeënt, waarvan meer as 5-miljoen Suid-Afrikaners ten volle ingeënt is.

Intussen sê Phaahla dat die regering bekommerd is oor die tydsduur van die derde vlaag van Covid-19 infeksies.

Hy sê die gesondheidsdepartement se syfers dui daarop dat die derde vlaag veel langer aanhou as die eerste twee golwe, en dat dit nog nie besig is om af te plat nie. Phaahla sê hulle verwag dat die vierde vlaag teen Oktober of November die land sal tref, en sê dit beteken dat daar nie veel tyd sal wees voor infeksies weer drasties toeneem nie.

LEES OOK: MINISTER VRA 50-JARIGES OM VOOR 1 SEPTEMBER HUL INENTINGS TE KRY

Phaahla sê dat Suid-Afrikaners hul deel moet doen om ingeënt te word om die druk op gesondheidswerkers te verlig. “Ons doen ‘n beroep op alle volwassenes om ingeënt te word voordat die vierde vlaag die land tref.”

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende