19 Oktober 2022
Die minister van toerisme Lindiwe Sisulu oorweeg dit om die regering te dagvaar, na sy gister toegang geweier is om die voormalige ANC voorsitter in die Noord-Kaap, John Block, in die Upington gevangenis te besoek.

Sisulu was saam met Allan Boesak by die gevangenis, glo om vir Block te bid.
Volgens Sisulu het hulle reelings getref om Block te besoek.
Die departement van korrektiewe dienste ontken dit, en sê ministers is onderhewig aan dieselfde prosesse as enige ander landsburger, om gevangenes te besoek. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo meen verder dat gevangenes nie anders kan hanteer word net oor hulle persoonlike verhoudings met politici nie.
Nxumalo sê Sisulu moes ‘n bespreking maak voor sy besoek kon aflê.
Block het in 2018 begin met sy 15 jaar vonnis, na hy skuldig bevind is op klagte van korrupsie en bedrog.
MEDIA BRIEFING: FOLLOWING JOHN BLOCK’S VISIT
— Lindiwe Sisulu (@LindiweSisuluSA) October 18, 2022
I am in the Northen Cape to see my relative John Block. We have learnt with shock that prison does not allow us to see him. This is why we called this media briefing, to show you the blatant abuse of people’s rights.