Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Minister moet weier om Onteieningswet te onderteken, eis AfriForum

24 Januarie 2025

Die burgerregteorganisasie, AfriForum doen ‘n dringende beroep op die minister van openbare werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, om te weier om die medeondertekenaar te wees van die omstrede onteieningswet, wat gister deur president Cyril Ramaphosa onderteken is.

AfriForum meen indien Macpherson ok die onteieningswet se proklamasie onderteken, laat hy Ramaphosa en die ANC toe om ander partye in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) te motiveer om omstrede wette te ondersteun.

LEES OOK: Organisasies, partye reageer op die ondertekening van die onteieningswet

Die organisasie meen dit sal van die RNE ‘n totale bespotting maak.

Die hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl sê ingevolge artikel 101(2) van die Grondwet, moet ’n skriftelike besluit van die president ook deur ’n minister onderteken word indien daardie besluit ’n funksie raak wat aan die minister opgedra is. Daarsonder kan die promulgering van ’n wet nie plaasvind nie.

Hy meen indien Macpherson die onteieningswet se inwerkingtreding as medeondertekenaar proklameer sal hy bevestig dat die ANC die opposisiepartye in die RNE ten volle geabsorbeer en geneutraliseer het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende