28 Augustus 2028
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het die raad van Boks Suid-Afrika (BSA), met onmiddellike effek ontbind, eerder as om meer geld aan ‘n hofsaak te bestee.
McKenzie se besluit kom nadat BSA voor die parlement se portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur verskyn het waar die reguleerder se buitensporige litigasiekoste onder verdenking gekom het.
BSA – wat professionele boks in die land beheer – word deur die regering gefinansier en ‘n nuwe raad word elke drie jaar aangestel.
Dit is die tweede keer sedert Desember dat die nuwe BSA-raad ontbind is – albei kere as gevolg van regstappe deur ‘n groep wat hulself die National Professional Boxing Promoters’ Association noem.
Hulle het gekla dat hulle nie geraadpleeg is toe die minister – destyds Zizi Kodwa – die nuwe raad in Desember aangestel het nie.