Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Minister lewer sy mediumtermynbegrotingsrede

30 Oktober 2024

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het vroeër vanmiddag sy mediumtermyn-begrotingsrede gelewer.

Volgens Godongwana het die Regering van Nasionale-eenheid (RNE) – tesame met die opskorting van beurtkrag – sake- en verbruikersvertroue ’n enorme hupstoot gegee. Dit is die eerste begrotingsrede wat gelewer is sedert die RNE saamgestel is.

Hy sê die fokus van die RNE is om werk te skep, armoede te verlig en ’n etiese, bekwame en ontwikkelende staat te skep.

Volgens Godongwna bly die oorlog in die Midde-Ooste, tussen Rusland en Oekraïne en in Soedan risiko’s.

Hy het verder ook bevestig dat 70 munisipaliteite al aansoek gedoen het vir die afskrywing van hul skuld aan Eskom. Dit is mits hulle geen nuwe skuld aangaan nie.

Die minister het verder planne aangekondig om mense in die privaat sektor aan te moedig om in Suid-Afrika se infrastruktuur te belê.

Volgens Godongwana gaan ‘n sentrale punt geskep word om infrastruktuurprojekte voortdurend te evalueer, pleks van een keer per jaar. Hy sê die regering gaan nie net beleggers nader vir finansiële bydraes nie, maar om ook die meeste maak van kennis in die privaat sektor.

Hy sê konsessies, die model wat ook vir die Gautrein gebruik is, gaan nou die model word vir baie meer infrastruktuurontwikkelings.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende