14 Januarie 2022
Die druk is besig om op te laai op die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, om haar opmerkings terug te trek wat algemeen gesien word as ‘n skreiende aanval op die Grondwet en die regbank.
Die Algemene Balieraad van Suid-Afrika is die jongste organisasie wat sy stem gevoeg het by die koor van protesterende stemme.
Die voorsitter van dié raad, Craig Watt-Pringle, eis ‘n openbare verskoning van Sisulu en is van mening dat die tydsberekening van die meningstuk verdag is.
Watt-Pringle is oortuig daarvan dat die meningstuk skietgoed gee aan berigte – dat die bevindings en aanbevelings van vervolging van individue wat by die staatskapingsprojek betrokke was – die teiken van die aanval was.
Die raad het ook ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om teen Sisulu – en andere wat die regbank aanval – op te tree