Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Minister in presidensie verdedig kragkrisis-ramptoestand

16 Februarie 2023

Die minister in die presidensie Mondli Gungubele sê die ramptoestand wat afgekondig is om die kragkrisis die hoof te bied, sal dit makliker maak vir die regering om sekere wetgewing en regulasies te omseil.

Hy sê dit beteken egter nie dat daar onwettig opgetree gaan word nie, en dat hulle dit slegs wil omseil om die kragtoevoer vinniger te stabiliseer.

LEES OOK: ORGANISASIES, EN POLITIEKE PARTYE SAL HOF NADER OOR RAMPTOESTAND

Gungubele het vandag die media toegespreek na afloop van die kabinetsvergadering wat gister gehou is.

Politieke partye en burgerregteorganisasies het reeds hulle kommer uitgespreek oor die risiko dat daar weer grootskaalse bedrog en korrupsie gaan insluip tydens die ramptoestand, omdat normale verkygingsregulasies en prosedures nie gevolg hoef te word nie.

Gungubele was egter selfversekerd dat hulle moontlike bedrog en korrupsie vinniger sal kan hokslaan.

“Die kantoor van die Ouditeur-Generaal sal seker maak dat geld nie gemors word nie. Die kantoor het ook sy prosesse verbeter om korrupsie en bedrog vinniger raak te sien” het hy gesê.

Hy sê die doel van die ramptoestand is tweeledig; om ’n spoedige oplossing te vind vir die kragkrisis, en om die impak van beurtkrag op belangrike bedrywe te versag.

LEES OOK: RAMPTOESTAND OOR KRAGKRISIS AFGEKONDIG; SOLIDARITEIT BEGIN MET REGSTAPPE

“Dit sal ons in staat stel om beurtkrag te verminder op bedrywe wat betrokke is by voedselverpakking, verkoeling en vervoer. Ons sal toegelaat word om kragopwekkers by sekere plekke te installeer. Dit sal ook beteken dat sekere instellings soos hospitale kwytgeskeld kan word van beurtkrag” het hy gesê.

Gungubele kon egter nie meer besonderhede verskaf oor wanneer die rampregulasies gepromulgeer sal word, wanneer die minister van elektrisiteit aangestel gaan word, of hoeveel geld bewillig gaan word vir die kragkrisis ramptoestand nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende