22 September 2023
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie Mondli Gungubele sê die bedanking van vyf van die agt direksielede van die Posbank, behoort nie die bedrywighede van die Posbank te beïnvloed nie.
Gungubele het gister weer die media toegespreek oor die uitbetaling van maatskaplike toelae.
Die direksielede het bedank na sowat 600 000 begunstigdes nie die maand hulle maatskaplike toelae ontvang het nie.
Gungubele sê die lede het net ‘n oorsigrol vervul.
Hy het ook die versekering gegee dat die tegniese-uitdagings opgelos is, en dat toelae vir Oktober maand betyds uitbetaal sal word.