4 Augustus 2022
Die minister van landbou, Thoko Didiza het haar skok uitgespreek oor die moord op die boer van Piketberg, Hendrik Pistorius.
Die 53-jarige Pistorius se liggaam is gister in ‘n plastiek vrugtekrat op sy plaas gevind. Hy het alleen gewoon.
Didiza het die barbaarse optrede veroordeel, en sê dit het ‘n negatiewe impak op die landbou sektor. Sy het haar medelye betuig met die Pistorius familie. Intussen het plaaswerkers Pistorius as ‘n ware man beskryf.
‘n Voormalige plaaswerker, Michael Joubert sê Pistorius het die plaas, New Caledonia manalleen bestuur.
Die polisiewoordvoerder, kaptein Frederick van Wyk het vroeër gesê Pistorius is vermoedelik tussen 03:00 en 07:00 gisteroggend vermoor. Ook Agri Wes-Kaap het die moord veroordeel.