6 Junie 2023
Die minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa het van deuntjie verander, en sê nou misdaad en kriminaliteit is een van die kernprobleme by Eskom.
Hy het in Maart vanjaar gesê dat Eskom net operasionele uitdagings in die gesig staar, en dat hy nie enige kriminaliteit bespeur nie.
Ramakgopa sê dit is duidelik dat Eskom se aankoopproses gekaap is deur diegene wat onregmatig probeer geld maak uit Eskom.
Hy sê in baie gevalle word Eskom afgepers om van sekere diensverskaffers gebruik te maak, en sal eenhede wat onklaar is langer van die netwerk afgehaal word, totdat die spesifieke diensverskaffers die onderdele kan lewer.
