Minister erken dat Afrikaans inheems is


Luister nou

Volgende

Minister erken dat Afrikaans inheems is

12 Mei 2022

Die VF Plus sê hy verwelkom die erkenning van die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande – al is dit skoorvoetend – dat Afrikaans en Nama inheemse tale is.

Hierdie erkenning volg nadat die ANC se eie regsmening hom volgens berigte van die onhoudbare posisie van sy eie mening ingelig het.

LEES OOK: KLAG BY MRK INGEDIEN NADAT MINISTER AFRIKAANS AS “UITHEEMS” BESTEMPEL

Die omstredenheid volg nadat die beleidsdokument vir hoër onderwys, wat in 2021 in werking getree het, Afrikaans en Nama nie as inheemse tale lys nie. Dit was ‘n verandering nadat opeenvolgende beleidsdokumente sedert 2001 dié tale wel as sodanig erken het.

Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor hoër onderwys, dr. Wynand Boshoff sê veel moet egter nie van hierdie ommekeer verwag word nie. “Al die agteruitgang van Afrikaans as taal van hoër onderwys het plaasgevind terwyl die inheemse status daarvan erken is.”

LEES OOK: DA HOU ‘N PLAKKAARBETOGING OOR MINISTER SE UITLATINGS OOR AFRIKAANS

Intussen het die Afrikanerbond ook hierdie erkenning van Nzimande verwelkom. Di Hoofsekretaris van die Afrikanerbond, Jan Bosman sê politieke partye en die organisasies in die burgerlike samelewing, wat die minister hieroor gekonfronteer het moet gelukwens word.

“Nzimande se afwysende en minagtende siening oor Afrikaans is welbekend en het ons vantevore ook ernstige kritiek uitgespreek oor sy taaldwalinge,” sê Bosman.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

Minister erken dat Afrikaans inheems is


Luister nou

Volgende