Minister eis dat staatsdepartemente TV-lisensieskuld betaal


Luister nou

Volgende

Minister eis dat staatsdepartemente TV-lisensieskuld betaal

23 Oktober 2024

Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, het staatsdepartemente versoek om sy uitstaande TV-lisensieskuld te vereffen.

Malatsi het aan adjunkpresident Paul Mashatile – as leier van regeringsake – geskryf en gevra dat die regering dringend ingryp.

Die minister se skrywe kom nadat die SAUK verlede week aan die parlement onthul het dat minder mense die afgelope jaar vir lisensies betaal het.

Dit sluit staatsdepartemente in wat sowat 2 500 televisiestelle besit en lisensieskuld van byna R35-miljoen het.

Volgens Malatsi is TV-lisensiegeld veronderstel om die hoof-inkomste van die nasionale uitsaaier te wees, en is die regering versonderstel om ‘n voorbeeld te stel.

AfriForum se hoof van openbare betrekkinge, Ernst van Zyl sê die staatsdepartemente se wanbetaling van TV-lisensies is ’n verdere bewys dat dié stelsel ’n flop is waarin selfs die staat vertroue verloor het, en dadelik afgeskaf moet word.

Hy sê die onthulling kom nadat die burgerregteorganisasie reeds vroeër vanjaar versoek het dat die openbare uitsaaier geprivatiseer moet word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Minister eis dat staatsdepartemente TV-lisensieskuld betaal


Luister nou

Volgende