31 Augustus 2021
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla spreek vandag LP’s in die Nasionale Raad van Provinsies toe oor die regering se inentingsprogram.
Hy sê teen gisteraand is 12,2-miljoen entstowwe reeds in die land toegedien. Dit sluit inentings met die dubbeldosisenstof van Pfizer en die enkeldosisentstof van Johnson en Johnson in.
Volgens hom is ongeveer 5,7-miljoen Suid-Afrikaners reeds ten volle ingeënt. Hy meen die land het genoeg dosisse entstowwe met meer as 10-miljoen Pfeizer dosisse, wat reeds vanaf Amerika ontvang is.
Phaahla het ook die kwessie van fopnuus aangespreek. Hy meen daar is op die oomblik ‘n veldtog waar die doeltreffendheid van inentings bevraagteken word.
Hy sê daar is ’n fopnuusveldtog om inentings te diskrediteer. Volgens hom word videos byvoorbeeld versprei waarin daar beweer word dat mense gaan sterf indien hulle ingeënt word. Hy meen die moontlikheid om wetstoepassers te betrek by die verspreiding van fopnuus moet ondersoek word.
Hou Afrikaans op die lug