Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Minister besoek Pretoria FM: Ingelig oor gemeenskapsradiostasies se uitdagings

10 September 2024

Die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, het Maandag, 9 September Pretoria FM besoek waar die voorsitter van Pretoria FM se direksie, Willie Spies, die uitdagings waardeur gemeenskapsradiostasies in die gesig gestaar word aan hom voorgelê het, veral met betrekking tot uitsaailisensieaansoeke by die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa).

Dié vergadering is deur verskeie gemeenskapsradiostasies van regoor die land bygewoon, onder meer Zone Radio in Kaapstad en Wild Coast FM in Oos-Londen.

Radiostasies kla dat oormatig streng regulasies onredelik deur die Okosa toegepas word, wat beteken dat talle radiostasies hulle lisensies kwyt is.

Spies sê die doel van die minister se besoek was om ondermeer Malatsi in te lig oor die probleme wat gemeenskapstasies in die gesig staar.

Regulasies wat in 2019 deur die owerheid ingestel is, het bepaal dat radiostasies nie meer as ʼn jaar of minder as ses maande voor die vervaldatum van hul lisensie vir hernuwing van hul lisensies moet aansoek doen nie. 

Minstens 20 radiostasies is deur hierdie veranderings geraak, ondermeer DeepSouth FM in Gauteng, Koepel Stereo in die Vrystaat, Kovsie FM en Med FM in Bloemfontein, asook PukFM in Noordwes.

Volgens Spies sal die radiobedryf daar onder lei indien daar nié gemeenskapsradiostasies is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende