1 November 2022
Bestuurders van minibus-taxi’s in Zeerust – in Noordwes – het alle ingange na die dorp versper uit protes teen diensleweringsbetogings in dié dorp.
Volgens die polisie se luitenant-kolonel Amanda Funani beplan hulle om ‘n memorandum met griewe aan die dorp se burgemeester te oorhandig.
Funani sê die bestuurders is ongelukkig oor die groot mate van ongelukkigheid – oor dienslewering – wat onder inwoners heers.
Die bestuurders sê die betogings ry hulle werksaamhede in die wiele en hulle wil hê dat die stadsraad dienslewering moet verbeter sodat inwoners minder betoog.
Sommige inwoners in dié dorp sit al vir vyftien jaar sonder lopende water.
Taxi drivers are having a shutdown mo ke nnang (Zeerust), apparently it's for bad service! No school, no work, no nothing today!😔 @2022AFRICA pic.twitter.com/ejREZlGK2R
— jiggy~ young Jonn🤍 (@Fefesephai1) November 1, 2022