Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Minder Suid-Afrikaners gaan met vakansie

2 Februarie 2023

Meer Suid-Afrikaners het die afgelope feestyd by die huis gebly in vergelyking met vóór die Covid-19 inperkingsregulasies.

Volgens inligting wat Statistieke Suid-Afrika uitgereik het, het byna 965 000 plaaslike toeriste in Desember in die land gaan vakansie hou, terwyl daar meer as 1,4-miljoen binnelandse toeriste in 2018 en 2019 was.

Volgens ontleders kan dit moontlik die gevolge wees van die nadraai van die Covid-19 inperkings, terwyl hoër brandstofpryse ook moontlik ‘n invloed op reispatrone kon gehad het.

Daar was ook steeds beduidend minder internasionale besoekers met 2,881-miljoen wat in Desember in die land aangekom het teenoor meer as 4,65-miljoen in Desember 2019.

Tussen die derde en die vierde kwartaal van verlede jaar het die aantal buitelandse toeriste – met toeriste van elders in Afrika uitgesluit – met 31,4% gestyg.

Foto: Branding Republic Lifestyle

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende