Die dodetal, weens ‘n aardbewing wat Vrydag Mianmar getref het, het tot meer as 1 600 gestyg.
Die aardbewing het 7.7 op die Richterskaal gemeet met naskokke so sterk as 6.3. Meer as 3 400 mense is beseer en 139 word steeds vermis. Ook in Bangkok in Thailand is groot skade aangerig.
Videos en foto;s van geboue wat in dié hoofstad van Thailand ineenstort is wyd op sosiale media versprei. Reddingswerkers hoop om nog oorlewendes te vind in wat as die grootste aardbewing in die omgewing van dié beskryf word.
Intussen is ‘n vrou vroeër vandag deur paramedici, lewend onder die puin gered. Sy was vir langer as 30 uur vasgekeer.
Sy het in die 30-verdieping hoë Sky Villa-woonstelblokke in Mandalay in Mianmar gewoon. Haar man het haar omhels soos sy vanuit onder de puin gehaal word. Sy word tans in ‘n hospitaal behandel.