28 Julie 2021
Motoriste word aangeraai om die omgewing rondom die Benmore inkopiesentrum in Sandton te vermy weens konstruksiewerkers, wat glo naby die sentrum betoog.
Die Johannesburgse-metropolisie het teen omstreeks 09:00 vanoggend op sy Twitter-profiel gesê dat die situasie redelik onder beheer is en dat die verkeer vloei.
Dit kom nadat videos vanoggend versprei is waarin polisiebeamptes glo deur betogers “aangerand” is. Volgens die Sandton Chronicle-koerant het ooggetuies glo gesien hoe ‘n metropolisievoertuig met klippe bestook word.
Die inkopiesentrum het op sy Facebook-blad gesê dat konstruksiewerkers van ‘n gebou op die Benmore-pad betoog weens salaris-dispute. ‘n Vuur is ook buite die gebou – wat nog onder konstruksie is – begin.
Die sentrum sê hy het sy ingange op Benmore gesluit, maar die ingang by 11de Straat is steeds oop.
⚠️ Traffic Advisory
— Jo'burg Metro Police Department – JMPD (@JoburgMPD) July 28, 2021
Protests action at Benmore & Lower Rd, Sandton. The situation is calm at the moment & traffic is flowing. Officers are on scene, motorists are advised to exercise caution. #JHBTraffic #JoburgRoadSafety
Outside Benmore Shopping centre 😳 pic.twitter.com/z10uMwK6Sx
— Melanie Gia Ramjee (@Hypress) July 28, 2021
⚠️ Traffic Advisory
— Stolen Cars RSA (@RSAStolenCars) July 28, 2021
Protests action at Benmore & Lower Rd, Sandton. The situation is calm at the moment & traffic is flowing. Officers are on scene, motorists are advised to exercise caution. pic.twitter.com/dyUMeku8pD
Hou Afrikaans op die lug