7 Desember 2021
Die Tshwane-Metroraad sê hy het die afgelope 24 uur beduidende vordering gemaak met herstelwerk aan die Mooikloof subsatsie wat verlede Woensdag in ‘n brand beskadig is.
Volgens die metro se woordvoerder, Hilgard Matthews is tegnici besig met die installering van nuwe elektriese komponente nadat die herstelwerk aan die dak vanoggend voltooi is.
Daar is verlede week geraam dat die herstelwerk ongeveer nege dae kan duur vooordat buurte soos Moreleta Park, Olympus, Woodlands en dele van Garsfontein weer eleketrisiteit sal hê.
The City is making good progress towards restoring service via #MooikloofSubstation pic.twitter.com/5XVpw8a5kK
— City of Tshwane (@CityTshwane) December 6, 2021