30 Augustus 2022
‘n Gedenkdiens word vandag by die Evangelies-Lutherse kerk in Kaapstad gehou vir Vytjie Mentor, wat verlede week in die ouderdom van 58 oorlede is.

Mentor was vir lank by die ANC betrokke as ‘n parlementslid, maar was tot en met haar dood die voorsitter van ActionSA in die Wes-Kaap. Sy was ook een van die eerste fluitjieblasers, wat staatskaping blootgelê het.
ActionSA meen Mentor se dood is ‘n reuse slag vir die party. Die party se nasionale woordvoerder, Lerato Ngobeni sê Mentor se dood was skielik.
Die ACDP se adjunk-leier, Wayne Thring het tydens die gesê dat daar leiers wat, weens hulle integriteit dikwels aas dorings in die vlees van die regering beskou word. “Mentor was so ‘n leier omdat sy geweier het om dit waarin sy glo aan te pas.”
‘n Lid van ActionSA se provinsiale uitvoerende komitee, Sandie McDonald het Mentor as ‘n leidende lig in die party beskryf. “Sy het eenkeer gesê dat sy nie bang is vir die dood nie, want sy weet die Here sal haar beskerm.”