Menseregtekommissie besoek Hoërskool Jan Viljoen

Luister nou

Volgende

Menseregtekommissie besoek Hoërskool Jan Viljoen

15 Februarie

Beamptes van die Menseregtekommissie (MRK) het by die hoërskool Jan Viljoen aangekom om ondersoek in te stel na klagtes van rassisme – deur onder andere – die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi.

Lesufi het self gister die skool besoek nadat ‘n bakleierey – wat Vrydag tussen leerders uitgebreek het – as ‘n rassevoorval bestempel is.

LEES OOK: OPVOLG: LESUFI SÊ BEWERINGS VAN RASSISME IN HOËRSKOOL VILJOEN SAL DEUR MRK ONDERSOEK WORD

Gemoedere het hoog geloop en strate moes gesluit word nadat ouers, politieke partye en burgerregtegroepe na die skool opgeruk het, en die polisie van skokgranate gebruik moes maak om die skare uiteen te jaag.

Tydens die MRK se besoek sal hulle met die skoolhoof, onderwysers en die beheerraad vergader om agter die kap van die byl te kom.

Kontakonderrig by die skool is vir eers opgeskort.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa