President Cyril Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief dat menseregte oor groot dele van die wêreld bedreig word en dat mense hulle al hoe minder aan die grondwet steur.
Die Verenigde Nasies se Menseregte-raad het in Maart vanjaar gesê dat die wêreld onstabiel is en word gekenmerk deur konflik, ‘n verval van demokrasie asook minder respek vir die wette van die land waarin jy leef.
Ramaphosa skryf dat Suid-Afrika verskeie uitdagings in die gesig staar, maar dat die land se demokrasie egter baie gesond is omdat die grondwethof – volgens hom – daarin slaag om alle landsburgers se regte te beskerm.
Vanjaar is die 30ste bestaansjaar van die Grondwethof, met die eerste sitting wat in 1995 plaasgevind het.
Ramaphosa meen die Grondwethof se eerste saak in 1995 het oor die doodstraf gehandel en het die fondasie gelê vir ‘n hof wat menseregte eerste sal plaas.
“Deur die jare kon die hof daarin slaag om sy pligte uit te voer sonder vrees vir vervolging. Die hof het nooit gehuiwer om selfs teen senior amptenare en ander belangrike persone op te tree nie.”
One Response
Sê die man wat te slapgat is om sy eie land te regeer.