28 September 2022
Die adjunk-direkteur-generaal vir gesondheid, dr. Nicholas Crisp sê al word mense nie so siek soos voorheen nie, is daar steeds mense wat weens Covid-19 sterf.
Crisp het dit vanoggend aan die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid bevestig.
LEES OOK: TOERISMEBEDRYF TOON GROEI NÁ COVID-19-PANDEMIE
Hy sê die regering raai tans die publiek aan om elke 120 dae ‘n opvolgdosis teen Covid-19 te ontvang totdat die virus nié meer versprei word nie.
Meer as 50% van Suid-Afrikaanse volwassenes is reeds ingeënt.
Crisp het verder in sy voorlegging bekend gemaak dat sowat 8-miljoen dosisse van die Pfizer Covid 19-entstof teen Januarie volgende jaar sal verval omdat die aanvraag na inentings tans baie laag is.
LEES OOK: LUISTER: “SESDE COVID-19-VLAAG KOM DALK IN SEPTEMBER”
Volgens Crisp is dit ook nie so maklik om die oorskot entstowwe te verkoop nie, want daar is nie ‘n aanvraag daarvoor nie. Armer lande het ook nie almal die geriewe om die Pfizer-inentings te stoor sou Suid-Afrika dit vir hulle skenk nie.