9 Julie 2021
Die registrasie vir inentings vir mense tussen die ouderdom van 35 en 49 sal op 15 Julie begin.
Die waarnemende minister van gesondheid Mmamoloko Kubayi-Ngubane het die aankondiging gemaak tydens ‘n mediakonferensie wat vanoggend gehou is
Die regering beoog om teen die einde van volgende week 250 000 mense per dag in te ent en Kubayi-Ngubane sê die 190 000-kerf is gister verbygesteek.
Sy sê inentings sal ook vanaf 1 Augustus op naweke begin.
Intussen het Gauteng gister meer as 11-duisend van die 22-duisend nuwe gevalle in Suid-Afrika aangemeld. Gauteng is steeds die episentrum van die derde vlaag.
Volgens Kubayi Ngubane is die departement egter baie bekommerd oor die situasie in die Wes-Kaap, Limpopo, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.